top of page

Taj Mahal

  • Marcel Versfeld
  • Jul 22
  • 1 min read

Op ’n sonnige Dinsdagoggend op die plaas, sit Ruan en Michelle, die 10-jarige tweeling, aan die kombuistafel. Dis tuisskooltyd, en Ma Annette staan voor die witbord met haar bril op die punt van haar neus.


“Vandag leer ons van wêreldwonders,” sê sy met ’n glimlag. “Michelle, lees vir ons die eerste een.”


Michelle sit regop, haar vlegsels swaai soos sy die boek oopmaak. “Die Taj Mahal is in Indië. Dit is ’n pragtige wit marmergebou wat...”


Ruan, wat half aandag gee en half met sy potloodhouer speel, ruk regop. Sy oë rek soos pierings.


“Wat?! Touch my holl?! Michelle! Jy kan nie sulke goed hier sê nie! Ma, sy’s al weer besig om haar maats se lelike manière oor te vertel."


Michelle kyk hom aan asof hy pas gesê het die aarde is plat. “Dis Taj Mahal, Ruan. Dis ’n gebou. In Indië. Nie... daai ander ding nie.”


Ma Annette probeer haar lag inhou, maar haar skouers skud al klaar. “Ruan, my kind, jy moet regtig begin luister. Jy gaan nog eendag in die kerk opstaan en sê iets soos ‘intercourse’ in plaas van ‘interview’.”


Ruan bloos tot agter sy ore. “Ek dog dis weer een van daai vreemde Engelse goed wat julle my probeer leer.”


Michelle rol haar oë. “Dis nie Engels wat die probleem is nie, dis jou ore.”


En so leer Ruan daardie dag twee dinge: Die Taj Mahal is nie iets wat jy aanraak nie, en jy moet nooit halwe sinne hoor en volle gevolgtrekkings maak nie.

Recent Posts

See All
Afrikaans en Engels

As my “airtime” opraak Deur Marcel Versfeld Afrikaans en Engels werk nie altyd lekker saam nie. Ons Afrikaners probeer regtig hard om die...

 
 
 

Comments


worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page