top of page

Wie is Marcel?

Marcel foto2 (1).jpg

Marcel is in Bloemfontein gebore en voltooi sy skoolloopbaan in 1985 in Kaapstad. In 1990 kwalifiseer hy as predikant aan die Afrikaanse Baptiste Kers se Kweekskool in Kempton Park. Hy trou dieselfde jaar met die liefling van sy lewe, Annette.

 

Na ‘n jaar militêre diensplig as kapelaan is hy in 1991 beroep om die Baptiste Kerk van Pretoria-Noord te bedien. Met die inwyding van die nuwe kerkgebou in 2000 het hy afskeid geneem om die leraar van Witrivier Baptiste Kerk tot 2002 te wees.

 

Vir die volgende 3 jaar het hy in Kaapstad gewerk, pastorale opleidingsmateriaal van Engels na Afrikaans vertaal, dissipelskapsopleiding onder plaaswerkers in Namakwaland gedoen en 'n kerk in Urionskraal, Van Ryhnsdorp geplant.

 

Van 2005 – 2012 vestig hy ‘n gemeente aan die Noord-Ooste van Pretoria wat gefokus is op die bediening van mense in hulle werksplek. Dit gee daartoe aanleiding dat Graham Power hom in 2012 nooi om die Nasionale Bestuurder van Unashamedly Ethical in Suid-Afrika te word. (www.unashamedlyethical.com)

 

Met sy ervaring in die Markplek en gemeente-werk, ontwikkel hy in 2018 ‘n unieke mentorskap program wat besigheidseienaars en personeel help om hulle volle potensiaal in die werksplek te ontwikkel. Hy het ‘n passie vir sy gemeenskap en word die voorsitter van die Villieria Gemeenskapspolisiëringsforum. Dit word vir hom die platvorm om die samelewing met ‘n Koninkryk impak te bedien.

 

Marcel is getroud met Annette hulle het 'n tweeling, Michelle en Ruan. Michelle is onlangs met Michael getroud en is nou deel van die familie.

Marcel word op 30 Junie 2019 as die leraar van Whangarei Afrikaanse Christen Kerk in Nieu Seeland beroep.

 

Marcel se visie is CHRISTUS ALLES EN IN ALMAL.

 

TYGL - 2023

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page