My Kombersie
- Marcel Versfeld
- Feb 28, 2021
- 1 min read

Die mense wat ek al lank lief het
Is vanaand ver.
Hulle is my voel-‘bersie
Maar voel so ver.
Die mense wat ek al lank liefhet soos paslaken knus om my hart matras.
Dis hulle, my mos-Kombersie.
Diè mense wat ek nou liefkry
Ruik nog na winkel nuut.
Soos my eie bed, maar nog nie soos my eie mos-Kombersie.
Al loop ek om die wêreld
Hier gee Vader my sy nuwe mos-Kombersie.
Dis my mense wat ek lank en vars liefhet.
Knus en snoesig om my, dis mos my Kombersie.



Comments