God se liefde is soos… 'n Versie Psalm (Mei 2023)
- Marcel Versfeld
- May 24, 2023
- 1 min read
Updated: Aug 5, 2023
God se liefde is soos…
Die sand korrels tussen Lüderitz en Walvisbaai...
Die reëndruppels uit NZ se lug...
Die lang wit wolke wat NZ se lugruim bedek...
Die knetter van 'n Bosveld vuurtjie...
Die helder diep blou water vd see op 'n windstil dag...
'n 300m dryf op 'n golfbaan...
Die omarmende vasdruk van my beste vriend…
God se liefde is soos…
Die snussige warm van 'n Oodie
Die oop beursie van 'n Pa
Die treinspore van hier na daar.
Die "phone a Friend".
God se liefde is soos…
'n Reënboog op 'n wolkerige dag
Sonskyn op jou vel
'n Diep asem op 'n stresvolle dag.
God se liefde is soos…
Die reuk van die eerste reën in die Kalahari na n lang droogte.
Soos die gevoel wat jy kry na jy jou eerste Roland-ward koedoe geskiet het.
God se liefde is soos…
Die branders v d see ....aanhoudend, hou nooit op nie.
Die suurstof in die lug.
Altyd beskikbaar, asem in outomaties, vars en lewensgewend.
Ons kan nie daarsonder nie.




Comments