Liefling Seun van die Sandrivier
- Marcel Versfeld
- Feb 28, 2021
- 1 min read

31 Desember 2020
Hard en duidelik het almal dit gehoor.
Weerklink, helder klank laat almal wonder.
Uit die hemel, die Troonkamer, tot in die diepste hart geboor.
Duif sag en opreg saam met die engel koor.
In sand en stof en sweet en klip en kners se vlakte.
Dis hy op Sandrivier se Troe-troe wal en kraal en kamp en kinners van die wind.
‘n Man in wie daar geen bedrog is nie, niks het om weg te steek nie.
Nou maar toe, nog een keer weer probeer, die reën sal kom.
Hard en duidelik het almal wat gehoor?
“My Geliefde Seun.
Oor jou verheug ek My”.
Uit die hemel tot langs die doop-rivier.
My Liefling Seun van die Sand Rivier.
Comments