top of page

Kop was of voete was?

  • Marcel Versfeld
  • Apr 8, 2021
  • 1 min read

Johannes 13


Al die dissipels het genoeg droog gemaak, foute gemaak, seergemaak en teleurgestel dat Jesus “hulle koppe kon was” (dis mos ons manier om te sê hoe ons iemand gaan uittrap). MAAR Jesus kies om hulle voete te was.


Wat kies jy om te doen met mense wat jou seergemaak/ teleurgesteld het?


By my heel eerste predikante byeenkoms in Nieu Seeland word ek en ander nuwe leraars aan die groep voorgestel. Een van die nuweling is iemand van die Kaap en verwys na die onreg van apartheid in haar bekendstelling. Net daar en dan sien ek rooi en dink ek “ag tog nie alweer nie?” Ek is lus om te gaan “kop was” na die byeenkoms.


En ek hoor die Heilige Gees fluister “gaan was haar voete”. My vrou gaan saam en ek was voete; haar en haar man se voete. Trane loop, vergifnis en liefde vloei. Die gevolg: ons is broer en suster. Ons hou mekaar se hande hoog. Ons troos, ons bid saam, ons lag en huil saam – ons is familie.


Wat kies jy om te doen met mense wat jou seergemaak/ teleurgesteld het? Gaan jy kop-was, of voete was?

Comments


worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page