10 – 9 – 8 – 7….
- Marcel Versfeld
- Apr 5, 2021
- 1 min read

“Ses dae voor die Paasfees”. In dieselfde hoofstuk staan daar ook “die tyd het gekom”, “vir hierdie uur”, “nog net ‘n kort tydjie”. Dis soos ‘n horlosie wat van ewigheid af afgetel het: 1000e jare, 6 dae, kort tydjie, hierdie uur, 5, 4, 3, 2, 1, O en toe – “DIT IS VOLBRING”, roep Hy aan die kruis uit. Die prys is betaal, dis afgehandel, alles wat nodig was, is gedoen.
Dit het dramatiese gevolg:
Die aarde bewe…
Donkerte sak neer oor die hele aarde…
Die voorhangsel in die tempel skeur…
Soldate slaan op hulle bors…
Satan is neergevel…
Die prys is betaal.
Die mensdom is vry.
Daar is hoop…
Ewige Lewe…


Comments