Hoe sien die wêreld dat ons sy dissipels is?
- Marcel Versfeld
- Apr 8, 2021
- 1 min read
Johannes 13v35

Ons het mooi groot ouditoriums waar ons op ‘n Sondag bymekaar kom. Party van ons loop met dik Bybels onder die arm rond. Soms waag ons dit selfs om ‘n vissie-plakker agter op ons kar te aan te bring. Ons gaan gereeld kerkdienste bywoon. Ek gee bydraes vir sendingwerk en help om evangelisasie werk in die gemeenskap te doen.
Dit is sekerlik genoeg bewys daarvan dat ek Jesus se dissipel is, of hoe?
Nope, sê Jesus : “As julle mekaar liefhet sal almal weet dat julle My dissipels is”.
En hoe gaan mense weet dat ons mekaar liefhet? Net twee hoofstukke verder gee Jesus self die antwoord: “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê” Johannes 15:13.
Comments