top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 155
Johannes 20:28-29
"En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!”
Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”
"My Here en my God", is Tomas se uitroep van bewondering. Ek onthou die bouprojek in 2000, ons huiskoop in 2013, ons immigrasie na NZ in 2019. Ek onthou mense se lewe wat nuut geword het en saam met Tomas roep ek vandag uit:
"MY HERE EN MY GOD!"
Gebed
Vader, dankie dat U ons help om ons eie ongeloof te hulp te kom.
Ons/ek kies om in GELOOF U te bly vertrou vir wonderwerke, vir deurbrake, vir baie mense wat tot geloof in sal kom.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Wanneer laas het jy in gehoorsaam aan God en in geloof 'n projek aangepak wat jou bang maak?
Vraag van die dag
bottom of page
