top of page
shepherd.jpg

Jesus sal nooit iemand verneder wat verkeerd was nie.

Leierskap Brokkie 154

Johannes 20:27
"Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.”

In 2005 het ek na 3 jaar uit gemeente bediening, weer die voorreg gekry om leraar van 'n gemeente te wees. Nie een keer het ek ervaar dat God my verwyt, vinger wys, of my skuldig laat voel nie. Inteendeel, net soos met Tomas trek Hy eerder nader as om weg te stoot.

Gebed

Here Jesus, U genade is groter as ons diepste teleurstelling, ons seerste seer. Dis groter as ons ongeloof en weier as ons ons slegste sonde - dankie vir 2e en 3e en baie kanse om altyd weer voor te kan begin.
Amen.

Vir wie het jy onlangs gesê
"Ek het jou mos gesê"?

Hoe kan jy dit regstel?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page