top of page
shepherd.jpg

Jesus bemagtig sy mense met outoriteit.

Leierskap Brokkie 153

Johannes 20:22-23
"Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! As julle vir mense hulle sondes
vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.”

"'n Weermag kapelaan het dieselfde outoriteit as die persoon op die basis met die hoogste rang. Op die manier kon 'n kapelaan toegang tot enige iemand op 'n militêre basis verkry.
Jesus gee ons Sy Heilige Gees en beklee ons so met dieselfde outoriteit as wat Hy het."

Gebed

Here Jesus, dankie dat U Heilige Gees in ons woon. Help ons om te onthou dat ons outoriteit het. Help ons om te onthou dat ons vir niks en niemand bang hoef te wees nie. Bewaar ons ook daarvan om nie ons outoriteit te misbruik nie.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Lees weer mooi Johannes 20:22-23 - Besef jy hoeveel outoriteit jy het?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page