top of page
shepherd.jpg

Jesus stuur iemand om sy dissipels moed in te praat.

Leierskap Brokkie 152

Johannes 20:17
"Jesus sê toe vir haar: “Gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.’ ”

Onthou jy daai briefie wat jy gekry het toe jy in die koshuis was, of die pakkie toe jy op die grens was, of wat van daai bos blomme wat by die huis afgelewer is toe jy so hartseer was? Nog beter - ek sal nooit my vrou Annette se gesig vergeet toe ek haar vir 'n naweek verras het toe ek met my grensdiens besig was nie.

Gebed

Here Jesus, dankie dat U ons gereeld aanmoedig wanneer ons moed verloor. Ons sien daarna uit om ook op te vaar en by U te wees saam met die Vader.
Amen.

Wanneer laas het jy jou mense, jou familie, jou gemeente of jou personeel moed ingepraat?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page