top of page
shepherd.jpg

Jesus sê net iemand se naam en dis genoeg.

Leierskap Brokkie 151

Johannes 20:16
"Jesus het vir haar gesê: “Maria!”
Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: “Rabboeni!” Dit beteken leermeester."

Smart, sonder hoop, trane en sy verwar Jesus selfs met die tuinopsigter.

Net een woord - Maria - en sy weet presies wie Hy is.

Hoor net hoe sê Hy vandag jou naam:

"..." (vul jou naam in)

En dit sal genoeg wees.

Gebed

Vader, U het ons by die naam geroep. U sê vir elkeen van ons

"Jy is Myne".

Wat 'n wonderlike bemoediging!
U ken ons elkeen by die naam.
Ons dank U Here.
In Jesus se Naam.
Amen.

Wanneer laas het jy iemand in jou gesin, jou gemeente, of 'n personeellid met deernis op hulle naam aangespreek?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page