top of page
shepherd.jpg

Jesus dra die belange van die mense naaste aan Hom op die hart, selfs al was dit in 'n doodsoomblik.

Leierskap Brokkie 149

Johannes 19:26-27
"Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.”
Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.”
Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem."

Totale selfloosheid - dis Jesus aan die kruis. Selfs terwyl Hy sterf, sien Hy eers toe dat sy moeder Maria en naaste dissipel, Johannes, versorg is.

Gebed

Here Jesus, ek bewonder U selflose voorbeeld aan die kruis.
Help my om die belange van ander bo my eie te stel.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Stel jy as 'n leier die belange van jou mense bo jou eie?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page