top of page
shepherd.jpg

Jesus dra 'n kruis waarvan niemand weet nie.

Leierskap Brokkie 148

Johannes 19:17
"Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota. "

Simon van Cerene het gehelp om die fisiese kruis te dra. Maar op Jesus se skouers en in Sy bloed was die kruis van 'n mensdom se skuld belaai wat niemand op daardie afgryslike dag gesien het nie.

Gebed

Vader, dankie dat U alles raakgesien en van alles geweet het wat U Seun Jesus op daardie kruis gedra het. Dankie dat U dit alles vrygespreek het sodat ons skoon voor U kan staan.
Ons dank U in Jesus se Naam.
Amen.

Het jy geweet dat God die kruis wat jy dra en waarvan niemand weet nie, raaksien?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page