top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 147
Johannes 19:11
"En Jesus antwoord hom: “U sou geen gesag oor My gehad het as dit nie van Bo aan u gegee was nie."
Jesus is ten volle in beheer van alles wat gebeur. Wie, wanneer en hoe Hy verhoor word, wie Hom aankla, wat gesê word en presies wie elke rolspeler is. Hy weet selfs dat Pilatus aan God die Vader ondergeskik is - hy het geen gesag oor Jesus nie.
Gebed
Vader, U soewereine en Opperste gesag as Skepper van die heelal, gee U volmag om te doen wat U doen. U self het die Here Jesus aangestel en Hom met mag, eer en heerlikheid bekroon. Ons eer en aanbid U.
Amen.
Wie het jou in die posisie geplaas waar jy nou as besigheidseienaar, familie hoof of leraar van 'n gemeente op tree?
Vraag van die dag
bottom of page
