top of page
shepherd.jpg

Jesus kry erkenning van iemand van wie 'n mens dit nie sou verwag nie.

Leierskap Brokkie 146

Johannes 19:4
"Pilatus het toe weer buitentoe gekom en vir die Jode gesê: “Kyk, ek bring hom vir julle buitentoe, sodat julle kan weet dat ek geen skuld in hom vind nie.”

'n Dogtertjie kom bedien my met 'n stukkie brood en druiwesap.
'n Tannie se vriendelike teksboodskappie gee my nuwe motivering.
'n Briefie in my Bybel van my kinders, wat jare gelede geskryf is, maak my hart warm.

Gebed

Vader, dankie dat U mense, omstandighede en situasies gebruik om iets vir of oor ons te sê wat ons aanmoedig.
Here Jesus, U is die vlekkelose Lam van God en niemand kan 'n vinger na U wys nie.
Amen.

Is jy bereid om na iemand te luister wat jou wil aanmoedig, iemand van wie jy dit dalk die minste verwag?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page