top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 145
Johannes 18:37
“Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.”
Dit het my 36 jaar geneem voordat ek ontdek het wat my skeppingsdoel is. Oor die laaste 5 jaar help ek mense om hulle skeppingsdoel te ontdek. Besigheideienaars en skoolverlaters kry nuwe motivering wanneer hulle ontdek wat God se doel vir hulle lewe is.
Gebed
Here Jesus, U weet presies hoekom U op aarde gebore is en waarom U hierheen moes kom. Help ons om dieselfde ontdekking te maak sodat ons voluit vir U kan lewe.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Weet jy hoekom jy gebore is en hoekom jy op hierdie aarde is?
Vraag van die dag
bottom of page
