top of page
shepherd.jpg

Jesus se Koninkryk is veel groter en belangriker as enige iets op hierdie tydelike aarde.

Leierskap Brokkie 143

Johannes 18:36
“My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.”

Hou ouer ek word, hoe minder belangrik is die dinge van hierdie wêreld vir my. Ek besef al hoe meer dat ek deel is van 'n groter, belangriker en permanente Koninkryk - een wat deur niks en niemand bedreig kan word nie.

Gebed

Vader, laat U Koninkryk kom.
Ek bid dit in die Naam van Jesus.
Amen.

Besef jy dat jou familie, jou besigheid, jou gemeente en alles waaraan jy so hard werk, tydelik van aard is?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page