top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 142
Johannes 18:20-21
"Ek het niks in die geheim gesê nie. Waarom ondervra u My? Ondervra dié wat gehoor het wat Ek vir hulle gesê het. Hulle weet wat Ek gesê het.”
Ek het lank gedink dat deusigtigheid 'n teken van swakheid by 'n leier is. Dit het my lank gevat om die teendeel te besef. Vandag het ek niks om weg te steek nie. My lewe is 'n oopboek, ek het niks om weg te steek, of om oor skaam te wees nie - Jesus het my vry gemaak.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U vergifnis en genesing my help om oop, eerlik en in die lig voor God en mense te lewe. Help ons om soos U, niks in die geheim te doen nie.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Is daar enige geheime, dinge waaroor jy skaam is, wat jy vir God en mense weg steek?
Vraag van die dag
bottom of page
