top of page
shepherd.jpg

Jesus beskerm die wat aan Hom behoort.

Leierskap Brokkie 141

Toe sê Jesus: “Ek het vir julle gesê dit is Ek. As julle My soek, laat die mense hier by My dan toe om weg te gaan.” So sou vervul word wat Hy voorheen gesê het: “Van dié wat U My gegee het, het Ek niemand verlore laat gaan nie.”
JOHANNES 18:8‭-‬9

Dis 'n donker nag. Judas en sy bende is op 'n jagtog om Jesus gevange te neem. "Wie soek julle?", vra Hy toe hulle Hom kry. Van pure verbasing deins hulle terug toe Hy antwoord "dit is Ek". Ek weet nie van jou nie, maar ek is nog meer verbaas as ek lees "laat die mense hier by my toe om weg te gaan".
Selfs op hierdie benoude oomblik dink Hy aan Sy dissipels se welstand.

Gebed

Here Jesus, help ons om soos U, ander se belange voor ons eie te stel.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Sal jy in so 'n benoude oomblik die belange van jou gesin, jou personeel, of jou vriende bo jou eie stel?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page