top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 140
Johannes 17:13
“Maar nou kom Ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê."
Ons het die afgelope Saterdag 'n uitreik na 'n buurdorp gedoen om mense moed in te praat. Die span wat saamgegaan het, het so van blydskap oorgeborrel dat hulle oppad gesing het "it's bubbling, it's bubbling, it's bubbling in my soul..."
Gebed
Vader, daar is geen groter blydskap as om aan U te behoort nie. Dankie vir die vreugde wat U vir ons gee wat niemand kan wegneem nie. Ons wil dit so graag met ander mense ook deel. Help ons om dit te kan doen.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Geniet jou personeel dit om vir jou te werk? Is jou gesin gelukkig?
Vraag van die dag
bottom of page
