top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 136
Johannes 17:2
"U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee."
Daar is een geskenk wat groter is as 'n salaris verhoging, wat beter is as 'n eindjaar bonus. Dis veel beter as winsdeling of selfs 'n venootskap in die besigheid. Die beste geskenk wat jy vir iemand kan gee is...
Die Ewige Lewe!
Gebed
Vader, die ewige lewe wat U vir ons gegee het, is groter as enig iets waarmee ons dit kan vergelyk. Dankie dat dit nie van ons weggeneem kan word nie.
Amen.
Wat is die heel grootste, die heel beste geskenk wat jy vir iemand anders kan gee?
Vraag van die dag
bottom of page
