top of page
shepherd.jpg

Jesus behou kontak met Sy mense.

Leierskap Brokkie 135

Johannes 16:16
“Nog 'n klein rukkie, dan sien julle My nie meer nie; en weer 'n klein rukkie, dan sal julle My weer sien.”

Terwyl ek hier sit en voorberei, is die Pinkster Sondag. Ons herdenk die koms van die Heilige Gees. Dis Hy wat seker maak dat ons kontak met Jesus behou. Dis Hy wat seker maak dat ons nie alleen voel nie. Hy help ons onthou - God is by ons.

Gebed

Vader, dankie vir U Seun - Jesus Christus.
Here Jesus - dankie vir U Heilige Gees - dankie dat ons nooit alleen is nie.
Amen.

Hoe gereeld maak jy persoonlike kontak met elkeen van jou personeel, met elkeen in jou familie, met elkeen in jou gemeente?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page