top of page
shepherd.jpg

Jesus weet wat om wanneer te sê.

Leierskap Brokkie 133

Johannes 16:4
"Maar Ek sê dit nou vir julle, sodat wanneer die tyd daarvoor aanbreek, julle daaraan moet dink dat Ek dit vir julle gesê het. Ek het dit egter nie van die begin af vir julle gesê nie, omdat Ek nog by julle was.”

Ons bly nou amper 3 jaar in NZ en ons is nou besig om ons testament op datum te bring. 'n Testament bevat inligting wat eers bekend gemaak word nadat jy tot sterwe kom.

Net so het Jesus met groot wysheid geweet wat Hy op watter tyd vir sy dissipels kon sê.

Gebed

Vader, help ons om met wysheid te weet wat om te sê en wanneer om dit te sê.
Ek bid dit in die Naam van Jesus.
Amen.

Kan jy onderskei wat dit is wat jy met jou mense kan deel en wanneer dit die regte tyd is om dit te doen?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page