top of page
shepherd.jpg

Jesus is gereeld vals beskuldig.

Leierskap Brokkie 130

Johannes 15:16
"Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat."

Konflik, verwarring en valse beskuldigings is deel van enige leier se lewe. As dit met Jesus gebeur het, is ek en jy sekerlik nie daarvan gevrywaar nie.

Gebed

Here Jesus, U stel 'n voorbeeld van hoe om valse beskuldigings te hanteer. Ons wil by U leer. Help ons Here.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Hoe hanteer jy valse beskuldigings as eienaar van jou besigheid, as leier van jou gemeente, of selfs as ouer in jou gesin of familie?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page