top of page
shepherd.jpg

Jesus het vriende eerder as slawe.

Leierskap Brokkie 128

Johannes 15:14, 15
"Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het."

Godsdienste het allerhande terme om hulle volgelinge te beskryf. Daar is "volgeling" en "dissipels" en "lidmate" en "vennote" en "Moslems" en Boeddhiste" en "Christene" en "slawe" en "ondergeskiktes" en...

Jesus noem ons niks van dit nie. Hy noem ons VRIENDE!

Gebed

Here Jesus, wat 'n voorreg om 'n VRIEND van U genoem te kan word. Dankie dat U so na ons kyk.
Ons aanvaar dit en beskou dit as 'n groot eer.
Amen.

Dink bietjie aan jou mense, jou personeel, jou gemeente - kan jy van hulle as VRIENDE praat?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page