top of page
shepherd.jpg

Jesus se opdrag is duidelik

Leierskap Brokkie 126

Johannes 15:12, 17:
"Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.

Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”

Het jy al die reëls vir krieket vir jou Ma probeer verduidelik? Ek het... Jy gee later op, want hoe verduidelik jy "as iemand uit stap om te kolf, is hy in. En as hy uitgevang, geboul, of uitgehardloop word, is hy uit?"

Jesus se opdrag is kort, eenvoudig en duidelik om te verstaan: "Julle MOET mekaar liefhê."

Gebed

Here Jesus, U is reg en dit is duidelik wat U van ons vra. Ons kan nie daaroor stry of maak asof ons dit nie verstaan nie. Ons kan ook nie verskonings maak nie.
Vandag kies ons om mekaar lief te hê. Help ons Here. Ons bid dit in U Naam.
Amen.

Weet jou personeel, jou gesin, jou familie, jou kinders, jou gemeente dat jy hulle liefhet?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page