top of page
shepherd.jpg

Jesus se grootste eer lê daarin dat Sy Vader verheerlik word deur dit wat Hy doen.

Leierskap Brokkie 125

Johannes 15:8
"My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”

Ouers behoort baie trots op hulle kinders te wees indien hulle beter doen as wat hulle gedoen het. So byvoorbeeld loop ek en spog oor my seun Ruan wat 'n 2 voorgee in gholf het.
Jesus se grootste eer was dat sy Vader al die erkenning gekry het vir wat Hy gedoen het.

Gebed

Here Jesus, alles wat U doen en regkry in ons lewens bring eer aan die Vader. Help ons om met alles wat ons doen en regkry, altyd aan U die eer te gee wat u waardig is.
Ek bid dit in U naam.
Amen.

Wie kry al die erkenning vir hoe goed dit in jou lewe, in jou besigheid of in jou gemeente gaan?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page