top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 123
Johannes 15:2
..."maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra."
Annette, my vrou, is baie lief vir rose. Ek het so 'n klompie jare gelede vir haar 'n paar roosbome gekoop. In Augustus het sy die roosbome gesnoei. Dit het gelyk of daar niks van die boom oor is nie, maar sommer gou was daar nuwe lote en pragtige blomme.
Snoei is nooit lekker nie, maar dit lei altyd tot meer vrugte.
Gebed
Vader, U is die Landbouer en Here Jesus, U is die Wingerdstok. Ons lote het baie te sê, maar U weet dié beste. Snoei ons soos U wil, sodat ons meer vrugte kan dra.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Is Vader dalk nou besig met snoei-werk in jou lewe? Indien wel, los Hom - Hy weet die beste.
Vraag van die dag
bottom of page
