top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 120
Johannes 14:12
“Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan."
Sir Isaac Newton, wetenskaplike, wiskundige, ontdekker en 'n Christen, het gesê: "If I have seen further, it is by standing on the shoulders of giants.”
Dit was glad nie vir Jesus 'n bedreiging dat Sy volgelinge GROTER dinge as Hy sou doen nie.
Gebed
Vader, help ons om so te lewe dat die mense wat na ons kom, meer sal doen, verder sal gaan en meer sal bereik as wat ons gedoen het.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Hoe maak jy voorsiening dat jou kinders, jou opvolger in die gemeente of jou besigheid verder sal kan gaan as wat jy gegaan het?
Vraag van die dag
bottom of page
