top of page
shepherd.jpg

Jesus bied genoeg en permanente woonplek.

Leierskap Brokkie 117

Johannes 14:2
"In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie."

Het jy die video clip gesien waar 'n verkeersbeampte iets soos 45 kinders uit 'n minibus taxi laat klim wat gemaak is om net 20 mense te vervoer?
Nou ja, ek sê dit tong in die kies en met groot respek: "Vader se woonplek is soos 'n taxi. Daar is altyd nog plek vir iemand".

Gebed

Here Jesus, dankie dat U besig is om vir ons plek voor te berei. Dankie dat daar genoeg plek is vir sommer nog baie ander mense. Ons sien daarna uit om saam met U te woon.
Amen.

Jesus is al oor die 2000 jaar besig om plek voor te berei. Wat is jy besig om te doen in terme van voorbereidings vir jou ewige woonplek?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page