top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 114
Johannes 13:27 en 38
"Nadat Judas dan die stukkie brood gevat het, het hy dadelik uitgegaan. Dit was nag.
(Jesus vra vir Petrus:) Sal jy jou lewe vir My aflê?” vra Jesus. “Dít verseker Ek jou: Nog voor die haan kraai, sal jy My drie keer verloën.”
Op hoërskool het my goeie vriend my so teleurgestel, dat ek siek geword het. In 2005 het 'n goeie vriend my so teleurgestel dat dit gevoel het asof my drome inmekaar tuimel.
Jy weet waarvan ek praat. 'n Stuk gesond-word kom wanneer ons besef dat selfs Jesus 'n Judas en 'n Petrus gehad het wat Hom diep teleurgestel het.
Gebed
Vader, U het niemand nog ooit teleurgestel nie. Dankie dat U altyd betroubaar is en sal bly.
Ons bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Nie een van jou teleurstellings is onoorkombaar nie - wat kan jy nou doen om dit te oorkom en aan te beweeg?
Vraag van die dag
bottom of page
