top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 112
Johannes 13:16:
"Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie."
Voorskool kon jy nie wag om eendag groot-skool toe te gaan nie. In die laerskool kon jy nie wag om hoërskool toe te gaan nie. In die hoërskool kon jy nie wag om universiteit toe te gaan, graad te vang, te werk en jou eie baas te wees nie - spoiler alert:
Daar sal altyd iemand bokant jou wees.
Gebed
Vader, dankie vir orde, posisie en rolle in die lewe. Ons onderwerp ons aan dié wat U oor ons aangestel het.
U is die Eienaar en ons is in U diens. U is die Belangrikste Een en voor U buig ons.
Amen.
In die bedryf waarin jy werk, is daar iemand groter en belangriker as jy. Wie is dit?
Vraag van die dag
bottom of page
