top of page
shepherd.jpg

Jesus was eerder voete as koppe.

Leierskap Brokkie 111

Johannes 13:14-15
"Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was."

Jy kan jou kop in 'n byenes steek, jy kan vir iemand kaalkop die waarheid vertel en party mense is vinnig op ander mense se koppe te was.

Jesus het eerder mense se voete gewas en boonop moedig Hy ons almal aan om dieselfde te doen.

Gebed

Here Jesus, help ons om leiers te wees wat mense se voete was, wat mense bedien soos wat U dit gedoen het.
In U Naam bid ek dit.
Amen.

Het jy dalk onlangs iemand se kop, eerder as sy voete, gewas? Wat kan jy doen om dit reg te stel?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page