top of page
shepherd.jpg

Jesus laat toe dat mense Hom erken vir wie Hy is.

Leierskap Brokkie 110

Johannes 13:13
"Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit."

Ek onthou hoe 'n vriendin van my in Pretoria, wie se man 'n dokter is, altyd daaroor geterg het dat mense haar as mev. dokter aanspreek. In die ou dae is party predikant vroue ook as mev. dominee aangespreek.
Jesus waarsku ons op 'n ander plek teen sulke titels, maar dit is hier ook duidelik dat Hy presies geweet het wie Hy is en die erkenning wat vir Hom gegee is, aanvaar het.

Gebed

Jesus, ons erken U as Here en Meester van ons lewens. Meer nog, U is Here en Meester van die heelal. Ons buig voor U en gee aan U al die eer wat U waardig is.
Amen.

Is jy in staat om steeds nederig te bly selfs al is jy die CEO, dr., ds., mnr., prof, of watter posisie jy ook al beklee?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page