top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 107
Johannes 13:1
"Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan."
Die regte ding op die verkeerde tyd, kan baie skade veroorsaak. Ek onthou dat ek by geleentheid heeltemal te haastig was met 'n span wat ek in gelei het. 'n Leier moet voorloop, nie voor hardloop nie.
Gebed
Here Jesus, help ons om u tydsberekening en skedule te verstaan en volg. Help ons om nie te haastig en nie te stadig te wees nie. Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Hoe goed is jou tydsberekening? Is dit wat jy nou vir jou besigheid, skool of gemeente beplan die regte tyd daarvoor?
Vraag van die dag
bottom of page
