top of page
shepherd.jpg

Jesus gee nie net opdragte nie; Hy is ook bereid om dit te ontvang en uit te voer.

Leierskap Brokkie 106

Johannes 12:50
"En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het.”

Ek onthou vir Samajoor Oldewagen uit my diensplig dae. Hulle het mos almal sulke snorre. Op die parade grond was hy die meneer, maar as hy 'n opdrag van 'n offisier ontvang het, het hy dit net so goed uitgevoer.

Jesus het nie net opdragte gegee nie. Hy het dit wat Vader van Hom gevra het, tot op die letter uitgevoer.

Gebed

Vader, help ons om met nederigheid voor U en mense so te lewe dat ons altyd gewillig sal bly om aan U gehoorsaam te wees. Help ons om nie onredelik te wees in die opdragte wat ons vir mense gee nie.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.

Jy is 'n leier, maar is jy net so gewillig om opdragte uit te voer as wat jy dit vir ander mense gee?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page