top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 105
Johannes 12:42
"Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie."
Ek onthou in my kinderjare hoe mense uit ander kerke ons dienste in Parow bygewoon het en daarheen gekom het om gedoop te word. Ouderlinge, diakens en selfs dominees het gekom, omdat hulle bang was vir mense in hulle eie gemeentes.
Gebed
Vader, help ons om U vreesloos te volg en nie skaam te wees vir dit wat ons glo nie.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Kliënte koop van jou produkte en maak dalk van jou dienste gebruik sonder om dit vir almal te vertel.
Is dit regtig so belangrik om altyd van almal te weet wat jou volg?
Vraag van die dag
bottom of page
