top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 104
Johannes 12:37
"Alhoewel Jesus so baie wondertekens voor die mense gedoen het, het hulle tog nie in Hom geglo nie."
Ek het al gedink: "As ek net wonders kan doen soos Jesus, sal sommer baie meer mense tot bekering kom".
Geloofsgenesers trek groot skares mense, maar dit lewer nie langdurige ewige resultate nie, of hoe?
Gebed
Here Jesus, ek bely dat dit net U alleen is wat mense se lewens permanent kan verander. Help my om altyd mense na U toe te trek eerder as om op wonders en tekens staat te maak.
Ek bid dit in U naam.
Amen.
Wat is diƩ uitstaande kenmerk van jou besigheid, jou ouerskap, of jou gemeente?
Vraag van die dag
bottom of page
