top of page
shepherd.jpg

Jesus het Sy Vader geëer en daarom het die Vader erkenning aan Hom gegee.

Leierskap Brokkie 103

Johannes 12:28
"Vader, verheerlik u Naam!”
Toe het daar 'n stem uit die hemel gekom: “Ek het my Naam verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”

Ek het laat in my lewe eers geleer hoe belangrik dit is om mense te erken. My Oupa, my Pa en my Oom was mense op wie se skouers ek kon staan om vandag verder te kyk as wat hulle kon sien.

Gebed

Vader, al die eer, al die lof en erkenning behoort aan U. Ek bewonder U Here Jesus. Dankie vir mense om my na wie ek kan opkyk en in wie ek U voorbeeld kan raaksien.
Amen.

Wie is daar wat jy ken na wie jy kan opkyk en aan wie jy erkenning kan gee vir wie en wat hulle is? Bel of stuur vandag nog 'n boodskap aan die persoon.

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page