top of page
shepherd.jpg

Jesus aanvaar die erkenning wat vir Hom gegee word.

Leierskap Brokkie 099

Johannes 12:7, 13
"Toe sê Jesus: “Laat staan haar. Sy moes dit hou vir hierdie dag om My te salf vir my begrafnis.

Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep:
“Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!”

Soms sien mense die goeie dinge wat jy doen raak. Jy kry 'n dankie-brief, 'n kompliment, of iemand skryf selfs oor jou. Wat jy daarmee doen en hoe dit jou hier diep binne laat voel, is 'n toets vir jou eie rol as leier.

Gebed

Here Jesus, ons wil by U leer van erkenning en waardering wat mense gee. Help ons om nederig genoeg te wees om dit te ontvang sonder dat dit ons ego sal opblaas.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Is jy bereid om erkenning wat mense vir jou gee te aanvaar en dadelik al die eer aan God te gee?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page