top of page
shepherd.jpg

Jesus kry soms besondere erkenning van die wat Hom volg.

Leierskap Brokkie 098

Johannes 12:3
"Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie."

Sy bly in een van die armste woonbuurte in Pretoria. In haar hop-huisie het sy met vetkoek en beskuit die hele straat "deurtrek met die geur van Jesus".

Gebed

Here Jesus, U verdien ons beste. Ons gee ons lewe. Help my om so te lewe dat my lewe 'n lieflike geur sal wees wat U eer en erken oral waar ek kom.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Jy het iets kosbaar en baie waardevol om aan te bied vir die Here Jesus - wat is dit?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page