top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 094
Johannes 11:23
"Jesus sê toe vir haar: “Jou broer sal uit die dood opstaan.”
Soms, net soms voel 'n mense of alles hopeloos is - het jy al so gevoel? Iemand sterf, jy verloor jou werk, jou kinders raak siek, jou huwelik val uit mekaar, of wat dit ook al mag wees... Daar is altyd weer hoop.
Gebed
Vader, U is die Bron van Hoop. U gee altyd weer uitkoms al lyk dinge ook al hoe donker. Ons kyk na U. Vandag bid ek vir iemand wat na hierdie klank greep luister wat HOOP nodig het. Wys vir hulle dat U Self die Bron van Hoop is.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Is daar iets wat jy vir jou huismense, personeel of gemeente bied wat vir hulle hoop gee?
Vraag van die dag
bottom of page
