top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 093
Johannes 11:3
"Die susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: “Here, hy vir wie U lief is, is siek.”
Martha, Maria en Lasarus was 'n familie wat 'n besondere plek in Jesus se lewe ingeneem het, in so 'n mate dat Hy vir hulle lief was.
Is jy 'n besigheidseienaar? Indien wel - jou personeel is jou gemeente. As een van jou personeel siek word, as een van hulle kinders siek word, of selfs dood gaan, behoort dit jou te raak.
Gebed
Here Jesus, U self het gesê dat ons baie meer werd is as die wilde voëls en dat elke haar op ons hoof getel is. Dankie dat U ons liefhet.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.
Sal jou personeel, gemeente of huis mense na jou verwys as iemand wat hulle liefhet?
Vraag van die dag
bottom of page
