top of page
shepherd.jpg

Jesus het baie volgelinge.

Leierskap Brokkie 092

Johannes 10:41-42
"Baie mense het na Hom toe gekom. Hulle het gesê: “Johannes het wel geen wonderteken gedoen nie, maar alles wat Johannes oor hierdie man gesê het, is waar.”
Baie mense het daar tot geloof in Hom gekom."

Hier in NZ is daar amper 10 skape vir elke inwoner. Australië het oor die 75 miljoen skape en in Sjina is daar amper 190 miljoen skape. Volgens onlangse statistiek is daar sowat 2.3 biljoen Christene vandag in die wêreld.

Die "baie" waarvan Johannes in Joh.10:41 praat, het regtig baie geword. Ek en jy is deel van die enkele grootste organisasie op die ganse aarde - ons is deel van die Opperherder se kudde - wow!

Gebed

Vader, dankie dat ons deel kan wees van 'n groot skare mense wat aan U behoort. Soms voel ons baie eenkant en selfs alleen. Dankie dat ons deel is van u Koninkryk.
Ons eer u daarvoor in die Naam van Jesus.
Amen.

Dank God vir die mense wat Hy aan jou toevertrou het. Hy weet hoeveel jy kan hanteer.

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page