top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 091
Johannes 10:28
"Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie."
Veronderstel jy is 'n skaapboer. 'n Veearts kom na jou toe en gee jou 'n waarborg dat nie een van jou skaap ooit sal siek word of vrek as jy die medikasie gebruik wat hy vir jou voorskryf nie. As dit ek was, het ek dadelik gekoop, geteken en gevat wat hy aanbeveel.
Dis wat Jesus hier waarborg - ewige, permanente sekuriteit - wat 'n VERLOSSER!
Gebed
Here Jesus, dankie vir die totale vrede en kalmte wat nou oor ons kom. U is betroubaar. U is voorwaar die Goeie Herder en u het volle verantwoordelikheid vir ons geneem. Dankie dat ons veilig by U is.
Amen.
Wat se sekuriteit bied jy vir jou kinders, personeel, gemeente?
Vraag van die dag
bottom of page
