top of page


'n Versameling deur Marcel Versfeld
Leierskap Brokkie 090
Johannes 10:16
"Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder."
Boere van dieselfde omgewing is altyd in kompetisie met mekaar. Maar, as een swaarkry, spring almal gou in om te gaan help. Jy kan nie net na jou eie kudde kyk nie - daar is altyd hulp nodig anderkant die draad.
Gebed
Vader, daar is baie mense wat nog nie deel van u mense is nie. Ek bid vir die skape buitekant die kraal. Trek hulle nader met U groot liefde om ook deel van u kudde te word.
Ek bid dit in Jesus se Naam.
Amen.
Ek daag jou uit - stap oor na jou opposisie besigheid, buur gemeente, of na 'n ander familie toe en vra of daar iets is waarmee jy kan help.
Vraag van die dag
bottom of page
