top of page
shepherd.jpg

Jesus ken sy volgelinge en die volgelinge ken Hom.

Leierskap Brokkie 089

Johannes 10:14-15
“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape."

Skaap tel is 'n kuns. Dié jaar wat ons op 'n plaas in Namakwaland gebly het, het ek 'n paar keer probeer skaap tel. Ek was selde reg. 'n Boer wat sy skaap ken, weet dadelik as daar van hulle kort - hoekom? 'n Goeie boer "lê sy lewe af vir die skape".

Gebed

Here Jesus, U ken U kudde by die Naam. So baie kere het U ons al kom soek en kom uithaal waar ons weggeraak het - dankie Jesus.
Help ons om ons mense met dieselfde passie lief te hê as wat U hulle liefhet.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Wat doen jy om jou kinders, personeel, gemeente, mense te gaan soek wat wegraak?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page