top of page
shepherd.jpg

Jesus neem eienaarskap van sy kudde.

Leierskap Brokkie 088

Johannes 10:12-13
" 'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie."

Ek weet nie veel van wolwe nie, maar ek ken so bietjie van jakkalse. Jan van Rensburg is 'n jakkalsjagter van formaat. Hy weet hoe om hulle te roep, waar om hulle voor te lê, wat om aan te trek en van die wind ens...
'n Skaapboer maak gou plan om van jakkalse en wolwe ontslae te raak, wat dit is SY skape wat opgepas moet word.

Gebed

Here Jesus, dankie dat U oor ons waghou, dat U ons oppas. Help ons om dié wat aan ons toevertrou is op te pas. Daar is baie wolwe en U skape is onder groot gevaar. Bewaar hulle Here.
Ek bid dit in U Naam.
Amen.

Wat doen jy om jou kinders, personeel, gemeente, jou kudde, op te pas teen wolwe wat wil steel, slag en verwoes?

Vraag van die dag

worXinu white.png

© 2023 by Michelle Hugo. Proudly created with Wix.com

bottom of page